Hebreërs 2:1 Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie.
Nadat die Hebreërskrywer sy hele brief begin het deur al die aandag op Jesus te werp, skrywe hy: Gee ag op wat julle van Hom gehoor het, en wees geanker in Hom, moenie wegdrywe van Jesus nie.
Ons word dus herinner word om Hom te AANSKOU, wie Hy is, en Sy werke te OORDINK, deur ag te gee op hoe God deur die Seun duidelik en reguit tot ons gespreek het.
Die ding is, as ons nie noukeurig ag gee op Christus nie, sal ons nie hoor wat ons Vader tot ons en oor ons gespreek het nie, en dit sal veroorsaak dat ons wegdryf van Sy wil, Sy werk en Sy beloftes aan ons.
Die Griekse woord woord παραρρέω (pararrhyéō) beteken: "om weg te dobber, om verby jou bestemming te dryf wanneer jy deur die stroom weggevoer word, om weg te glip in diep waters in."
Hierdie woord was destyds gebruik om diegene te beskrywe wie nie hul skuite behoorlik vasgemaak het of hulself korrek geanker het nie, en toe die gety inkom, is sulke bote bloot binne sekondes in die diep waters ingetrek en het verlore geraak en weens die storm menige kere as wrakke opgeïndig.
Is jou geloof geanker in Christus, noukeurig vasgemaak aan wie Hy is en wat Hy in ons en met ons gedoen en ons gemaak het?
Want die getye en storms van die lewe kom gereeld en sal trek aan jou geloof, maar as jy in Christus geanker is, sal jy nie wegdrywe van God se wil nie, want iemand wie geanker is in Christus, gee altyd ag op wie Hy is en wat Hy in ons bewerk het, asook wat Hy daagliks in en deur ons doen en bewerk.
Amen...