2 Timotheüs 2:8-9 Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie, waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos 'n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie.
Onthou.
Ja ons almal moet n klomp dinge elke dag onthou, maar nes Timotheüs is geneig om te VERGEET wat ons veronderstel is om te ONTHOU!
Jy sien wanneer verdrukkinge en lyding en moeilikhede ons lewenspad kruis vergeet ons dikwels wat ons moet onthou waaraan Paulus ons herinner hier.
Onthou wie Jesus is! Onthou, Hys uit die geslag van Dawid, ja vanuit daai geslag soos God beloof het, daai geslag wat kort kort in die geskiedenis gesien kan word as n koninkryk waarin soveel dinge skeef geloop het en tog, tog was Christus soos beloof uit die geslag van Dawid gebore!
Saam met dit, onthou wie die dood oorwin het!
Jou geloof is in die opgestane Here Jesus, en as ons net hierdie die dinge onthou, Hom onthou, sal ons lewe vanuit Hom met hierdie wete, wat ookal gebeur en ons vyandig gesind is, die boodskap van die Evangelie wat ons dra en vanuit leef nooit sal kan bind nie.
Paulus skrywe hoeka dat hy selfs gesien was 'n κακοῦργος (kakourgós) wat beteken: "'n krimineel, iemand met 'n rekord, 'n kwaaddoener."
Ja, dis hoe sommige mense Paulus gesien het, want hulle was bedreig hoe hy die draer was van die Evangelie wat gesinne en families en gemeenskappe radikaal beïnvloed het, hyt hierdie rekord gedra van iemand wie die boodskap wat hy verkondig leef en mense se lewens word verander!
Nou nes Paulus, word menige gelowiges tot vandag toe aanskou as 'n kakourgos agv ons geloof in Christus, en daarom Paulus se herinnering aan Timotheüs en ons: Onthou wie Jesus is, leef die Evangelie, en jy sal sien, dit sal te alle tye, selfs in die sleg as mense jou as kwaaddoener behandel uitloop op bevordering van die Evangelie, onthou onthou onthou!
In Filippense 1:12-13 beskrywe Paulus hoe sy krimenele hantering juis as positief gesien moes word, hoor hier: En ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het, sodat my boeie openbaar geword het in Christus onder die hele keiserlike lyfwag en by al die ander!
Dit is presies wat gebeur as gelowiges ONTHOU wie Jesus is, want tsv watter teekanting ons beleef ervaar, onthou dat die Woord van God nie gebind, gestop of geboeid kan word nie.
Niemand kan wie Jesus is en wat Hy gedoen het uit ons uithaal of beperk of wegpraat of vasbind of doodmaak nie, want die Woord van God is nie gebonde nie!
Onthou.
Amen