Skip to Content

Loof en Prys - ALTYD!

21 September 2026

luister hier

Psalm 34:2 Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.


Die woorde "altyd" en "altyddeur" is darem maar kragtige woorde nie waar nie, want dit verwys nie na soms of baie kere of meeste van die tyd nie, nee nee, dit verwys na die heeltyd.


Toe Dawid hierdie Psalm geskrywe het terwyl hy nog weg gekruip het vir sy teëstanders, was hy alles behalwe stil, want Dawid het tydens sy stryd bely dat hy altyd die Here sal loof en Hom prys.


Almal in Christus hoort met Dawid te identifiseer, want al was Dawid gesalf en gekies deur die Here om die volgende Koning te wees, het die vyand steeds alles probeer om hom te vernietig, nes hy ons geloof en identiteit in Christus wil vernietig.


Ons moet egter daarom raaksien dat Dawid nie die Here geloof en prys het nadat sy vyande hom uitgelos het nie, maar juis dat hy die Here geloof het tydens die stryd, in die hitte van die stryd nes Dawid van te vore voor die stryd Hom geloof het.


Dis hoekom woorde soos altyd en altyddeur so uitstaan.


Nou die Hebreeuse woord wat Dawid gebruik het om te beskrywe het wat hy gedoen het, is die woord בָרַךְ (barak), wat beteken: "om neer te kniel, om te salueer, om aanhoudende seën en lof uit te spreek."


Aaah dit spreek so met gelowiges in Christus, wie ook die Here TE ALLE TYE, VOORTDUREND KAN LOOF DEUR VOOR JESUS SE KONINGSKAP TE KNIEL!


ALTYDDEUR verwys dus na  hoe ons praat, hoe ons wandel, ja hoe ons leef, ongeag wat die omstandighede is.


Nou in vers 3 van Psalm 34 het Dawid geskrywe dat sy siel in die Here sal roem en ander dit sal hoor en bly wees.


Sien, soos wat Dawid voor die Here gebuig het in aanbidding, maar altyd die Here geloof het, het sy siel geroem in wie God is en in Sy woord, en daarom dat ons nes Dawid in geloof sterk kan staan, want Christus is die Woord, en in Hom kan ons ook sterk staan tsv en in alle dinge te alle tye.


So, mag ons soos Dawid die Here loof en prys TE ALLE TYE omdat ons VOORTDUREND kniel voor wie Christus is en wandel in Hom, en soos Paulus geskrywe het in alles wat ons doen, in woord of daad, ons alles kan doen in die Naam van die Here Jesus, terwyl ons God die Vader deur Hom dank (Kol 3:17) en so die ootmoediges kan aanmoedig om in Christus te roem.


Amen

Share this post
Tags
Archive
Save me, for Your mercies' sake......
18 September 2026