Skip to Content

In alles

26 Oktober 2026

Titus 2:7 Betoon jou in alles 'n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.


Ons is almal het al gehoor: "wees 'n voorbeeld vir ander mense" nie waar nie?


Wel, sit jou dan gou vir 'n oomblik in 'n Christen jongman se sandale met die naam Titus.


Hy kry 'n brief, van Oom Paulus, geïnspireer deur die Heilige Gees, 'n brief belaai met instruksies van presies hoe om ander mense van Christus te leer deur 'n voorbeeld in alles wat jy doen en sê te wees.


Nou daars 'n spesifieke Griekse woord wat Titus sou raaklees, 'n woord wat heenwys na iets wat die heeltyd sigbaar sou wees in alles wat hy doen, n woord wat verduidelik hoekom sy voorbeeld heeltyd sou wees, die woord παρεχόμενος (parechomenos).


Parechomenos is 'n kombinasie van 2 bekende Griekse woorde, Para en Exo.


Para beteken: "om so naby soos jou skaduwee te wees, verbind aan jou met elke tree" terwyl Exo beteken: "om te besit en dit wat jy besit na vore te bring."


Titus, en elkeen wie glo in Christus word herinner om ons geloof te vertoon.


Hiers n vb: Het Christus jou gered deur Sy kruisdood?


Betoon dit, wys die wêreld die vb van hoe 'n geredde mens leef.


Is jy 'n nuwe skepsel in Christus?


Wel, wees die vb van iemand wie nuut leef en nie meer op die ou manier leef nie.


Nog so enetjie: Is jy 'n kind van God agv jou geloof in Christus?


Betoon dit deur vir die wêreld 'n vb te wees van hoe n kind van God leef.


Daars mos die bekende engelse gesegde van "window shopping," om te "koop met die oë."


Nou Titus sou weet dat Paulus bedoel, hy net soos al die produkte wat daagliks op die markplein te koop was soos mense dit alles kon aanskou in die verbystap, sy geloof in Christus so ten toon gestel moet wees.


Kan jy sien hoekom Titus nie net gevra was om die historiese waarheid van die Evangelie te leer en te vertel nie, maar om dit te betoon, te wys deur sy lewe?


God se werk in Christus hoort so sigbaar in ons alledaagse lewens te wees, want dit moet geheg wees aan ons soos ons skaduwee!


En dis hoekom Titus en ons die ander Griekse woord ook moet begryp wat Paulus gebruik het, die woord τύπον (tupon).


Tupon was destyds '"n tipe, 'n model, 'n voorbeeld van."


Wat 'n voorreg om in Jesus 'n model te wees wat wys wat Hy in ons bewerk het, en 'n voorbeeld is van iemand wie Sy werke vertoon, soos 'n vertoonvenster waar iemand soos "window shopping" in die verbygaan kan inkyk op wat ons werklik glo en hoe die waarheid van die Evangelie aan ons kleef in ons doen en late soos ons skaduwee!


Gaan betoon vandag jou geloof in Christus, en wees die voorbeeld van wat God in die mens kom doen het deur Sy Seun.


Amen

Share this post
Tags​
Archive
The testimony of the Lord
23 October 2026